Hoërskool Diamantveld, Kimberley, is verheug om die Diamantraad vir 2027 aan te kondig. Hierdie verkiesing is ’n besondere mylpaal en ’n groot verantwoordelikheid vir elke leerder. Dit is ‘n voorreg om as leier van die skool op te tree.
’n Spesiale gelukwensing aan Minet Cilliers en Ruben Viljoen, wat as ons Hoofleiers vir 2027 verkies is. Julle name word nie net in die geskiedenisboeke van Diamantveld verewig nie. Julle dra nou die fakkel van ’n trotse nalatenskap en die roeping om ons skool na nóg hoër hoogtes te lei.
Mag die Diamantraad met integriteit, trots en diensbaarheid leiding neem en ’n omgewing skep waar Klippies tot ware Diamante geslyp word.
Diamantraad 2027
- Hoofseun: Ruben Viljoen
- Hoofmeisie: Minet Cilliers
- Onderhoofmeisies: Gia Johnson, Micke Müller
- Onderhoofseuns: Hanco Klopper, WG Mülke
Diamantraadlede:
Meisies: Zimri de Wet, Anzunet du Preez, Milan Fouché, Mariné Fourie, Shailee Goldschmidt, Addison Haasbroek, Dianca Herbst, Lauretta Myburgh, Jana Nel, Elizabeth Opperman, Mienke van Niekerk, Cheniel van Wyk.
Seuns: LJ Buys, Francois De Boer, Ronald Graven, Hanru Jooste, Kwenampe Motheo, Michael Nieuwoudt, Meyer Prinsloo, Neil Steynberg, Phillip Swart, Juandré van Staden, Jandré Verster, Dries Viviers.


Baie geluk aan elke lid van die Diamantraad 2027. Ons sien met opgewondenheid uit na die verskil wat julle gaan maak!
A Posse Ad Esse | Van ’n moontlikheid tot ’n werklikheid.
https://www.diamantveld.co.za/
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.