Danyelle Pienaar het haar talent en deursettingsvermoë ten toon gestel in die 400 m-hekkies (o.20). Sy het met ’n tyd van 57,69 sekondes ’n silwermedalje verower. Haar prestasie bevestig haar plek as een van die land se voorste jong hekkiesatlete.

Karla Kock het in die gewigstoot (o.18) haar krag en tegniek laat geld. Met ’n indrukwekkende afstand van 14.89 m het sy ’n bronsmedalje ingepalm en daarmee Oranje se naam hoog gehou.

Die skool is trots op hierdie uitblinkers wat nie net hul eie drome nastreef nie, maar ook die Oranje-gees op die nasionale verhoog laat skitter.

Meer skolenuuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article