Hoërskool Monument, Krugersdorp, is trots om aan te kondig dat Milan Blignaut gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Jeug-Olimpiese Spele. Milan is ‘n 18-jarige hoogspringatleet. Die spele vind van 8 tot 10 November 2026 in Dakar, Senegal, plaas.
Slegs tien atlete uit ’n verskeidenheid kategorieë is gekies om die land op internasionale vlak te verteenwoordig. Hierdie geleentheid is ’n besondere eer en voorreg.
Milan se prestasie getuig van sy toewyding, harde werk, talent en deursettingsvermoë. Die geleentheid is ’n mylpaal in Milan Blignaut se atletiekloopbaan en ’n inspirasie vir elke jong sporter wat groot drome koester.
Monnas spreek sy opregte trots en waardering uit en wens Milan alle voorspoed toe op sy pad na Dakar. Baie geluk, Milan – jy dra nie net die Suid-Afrikaanse vlag met trots nie, maar ook die naam van Hoërskool Monument.
Foto verskaf






