Worcester Gimnasium vier uitstaande prestasies nadat verskeie atlete en afrigters van 15–19 September aan die Toutrek‑Wêreldkampioenskappe in Hartenbos deelgeneem het.
Zenobia Bezuidenhout (gr. 12) het haar eerste wêreldkampioenskapmedaljes verower. Sy het goud saam met Goudini in die Ope klubafdeling en brons saam met die Protea 500 kg O.23 Damespan behaal.
Fredrick Herzog (gr. 12) het sy debuut by die kampioenskappe gemaak saam met Rawsonville Toutrekklub en hom uitstekend van sy taak gekwyt.
Stefanie Visser, kodehoof van Worcester Gimnasium Toutrek, was afrigter van die medaljewennende 500 kg O.23 Damespan. Die span behaal die eerste medalje sedert 2018, toe sy self as trekker lid was. Sy is ook die eerste Protea‑damesafrigter wat ’n geslote medaljewenner is.
Monique Smit, meisiesafrigter, het saam met die Protea 540 kg Damespan ’n 6de plek in die wêreld behaal. Sy het ook vir Goudini in die 500 kg Ope afdeling deelgeneem.
Lisa Paulsen, oudskolier en hulpafrigter, het saam met Goudini in die 500 kg Ope Damespan deelgeneem. Sy was ook lid van die 500 kg O.23‑span wat goud gewen het.
Dominique Shepherd, hulpafrigter en Bosvarkies‑afrigter, het dubbel goud verower. Sy het saam met Valsbaai in die Ope afdeling deelgeneem én as Protea‑atleet in die 560 kg O.23 Gemengde afdeling. Sy het verder aan die 500 kg O.23 Protea‑afdeling deelgeneem.
Francois Naudé, oudskolier, het silwer saam met Valsbaai in die 600 kg Ope afdeling verower en ook goud saam met die 600 kg O.23‑span behaal.
Hierdie prestasies bevestig Worcester Gimnasium se rol as ’n kragbron in Suid‑Afrikaanse toutrek en onderstreep die skool se trots en toewyding aan die sport.



Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.