PRETORIA – Na ‘n week van hoëgehalte-krieket, strawwe kompetisie en goeie kameraadskap het die gewilde Garsie Premier Liga (GPL 14) op ‘n skouspelagtige noot ten einde geloop. Die Galaxy Titans het as die nuwe kampioene uit die stryd getree. Hulle het die Awaki Tigers in ‘n meesleurende eindstryd geklop.
Hierdie historiese oorwinning beëindig die driejarige bewind van die Garsie Tornados en besorg aan die Galaxy Titans hul heel eerste GPL-titel.
Die volgende agt spanne wat vanjaar meegeding het, is:
- Die Garsie Heat
- Stasie 6sers
- Mighty Ducks
- Roosters
- UPro Spartans
- Galaxy Titans
- Awaki Tigers
- Rocomamas Smashers
Ruan Cuyler blink uit onder top-toekennings
Die toernooi is gekenmerk deur uitsonderlike individuele vertonings, met Ruan Cuyler wat as die groot uitblinker uitgewys is. Ruan is aangewys as Speler van die Toernooi sowel as Senior Veelsydige Speler van die Jaar. Hy het sy stempel veral afgedruk deur die meeste lopies in sowel die halfeindstryd as die eindstryd aan te teken. Hy is ook as die “Legend of the Match” in die kragmeting gekroon.

Die volledige lys van toernooi toekennings lyk soos volg:
- Speler van die Toernooi: Ruan Cuyler
- Senior Kolwer van die Toernooi: Dean Wilbers
- Junior Kolwer van die Toernooi: Rylan Spies
- Senior Bouler van die Toernooi: Hannes Venter
- Junior Bouler van die Toernooi: Pieter Verster
- Senior Veelsydige Speler: Ruan Cuyler
- Junior Veelsydige Speler: Rylan Spies
- Veldwerker van die Toernooi: Katlego Lebelo
- Beste Prestasie (Halfeindstryd 1 en Eindstryd): Eldre Dorey
- Beste Prestasie (Halfeindstryd 2): Ruan Cuyler
- Eindstryd “Legend of the Match”: Ruan Cuyler
- Meeste Lopies van die Toernooi: Rudolph Kirstein
- Man van die Toernooi: Joshua Gouws
- “Spirit of the Game”-trofee: Stasie 6sers
- “Best Spirit”-trofee: Awaki Tigers (Oom Apie Pienaar)
Meer as net ‘n sporttoernooi
Die GPL gaan oor meer as net wen en verloor. Dit gaan oor vriendskap, spanwerk, karakter, respek en die liefde vir krieket. Die konneksie tussen Senior en Junior spelers en die eer om saam eerstespan rugby en krieket te speel.
Die reëlingskomitee het hul dank uitgespreek teenoor al die spelers, afrigters, spaneienaars, ondersteuners en borge wat bygedra het tot die sukses van hierdie gesogte toernooi.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.