Mila Louw lei Suid-Gauteng o.18B-Hokkiespan na glorie!
Mila Louw is onlangs aangewys as kaptein van die Suid-Gauteng o/18B-hokkiespan.

Mila lei Suid Gauteng o.18B-Hokkiespan na glorie!


Hoërskool Tranvalia, Vanderbijlpark, vier met groot trots die uitstaande prestasie van hul hokkietrots – Mila Louw lei Suid-Gauteng. Mila is onlangs aangewys is as kaptein van die Suid Gauteng o.18B-hokkiespan. Hierdie aanstelling is nie net ’n besondere eer nie, maar ook ’n bewys van Mila se leierskap, toewyding en sportmanskap.

Onder Mila se inspirerende leiding het die span hul krag en vasberadenheid getoon en die toernooi as wenners afgesluit. Haar vermoë om haar span te motiveer en saam te snoer, het ’n sleutelrol gespeel in die sukses wat behaal is.

Transvalia se skoolgemeenskap is ongelooflik trots op Mila en sien haar prestasie as ’n inspirasie vir elke jong sporter wat droom om groot hoogtes te bereik. Mila se naam sal ook lank onthou word as ’n toonbeeld van deursettingsvermoë en leierskap.

https://www.hstransvalia.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article