ATKV-Afrikaansolimpiade. Hoërskool Jan van Riebeeck vier met groot trots die uitmuntende prestasies van sewe van hul leerders. Hulle het vanjaar hul merk gemaak in die ATKV-Afrikaansolimpiade vir Huistaalleerders. Hierdie nasionale kompetisie, waaraan duisende hoërskoolleerlinge deelneem, stel ’n hoë standaard vir taalvaardigheid en kritiese denke. Hoërskool Jan van Riebeeck-leerders het dit met glans deurstaan.

  • Katia van Wyk (graad 10) het die 3de plek in die Wes-Kaap en die 7de plek nasionaal verower.
  • Luca Zulch (graad 12) eindig 7de in die provinsie en 12de in die land.
  • Albert Griesel (graad 11) behaal die 9de plek in die Wes-Kaap en die 14de plek nasionaal.
  • Cara Swanepoel (graad 11) en Lida-Mari Bosman (graad 10) deel die 10de plek in die Wes-Kaap. Hulle eindig 15de in Suid-Afrika.
  • Mia Symington (graad 12) en Dewald Buitendag (graad 11) is ook onder die Top 100-presteerders in die land.

Hierdie uitslae bevestig dat Jan van Riebeeck-leerders nie net hul taal met passie en presisie bemeester nie, maar ook hul plek onder die land se beste Afrikaanse denkers inneem.

Die hele skoolgemeenskap is dankbaar en trots op die toewyding en harde werk wat hierdie prestasies moontlik gemaak het.

https://janvanriebeeck.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article