Liyah-Mae dans haar pad oop na wêreldsukses
Liyah-Mae se wêreldklas-prestasie is die vrug van jare se harde werk

Liyah-Mae dans haar pad oop na wêreldsukses


Liyah-Mae dans haar pad oop na wêreldsukses. Liyah-Mae, ’n trotse graad 9-leerder van Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het Suid-Afrika met trots verteenwoordig. Sy het haar land met trots by die 19de WCDF Wêreldkampioenskappe in Göppingen, Duitsland, verteenwoordig.

Liyah het ’n uitsonderlike prestasie gelewer deur goud in al ses van haar afdelings te wen! Sy het ook geskiedenis gemaak as die jongste Suid-Afrikaner wat die hoogste tienervlak, Rising Star, binne die WCDF bereik het. Sy is ook in Pro-Am Couples na die Advanced-vlak bevorder en werk reeds hard om die gesogte Supreme Star-status te verwerf.

Hierdie wêreldklas-prestasie is die vrug van jare se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Hoërskool Witteberg, die Vrystaat en Suid-Afrika is ongelooflik trots op hierdie jong ster wat ons land met soveel glans op die wêreldverhoog verteenwoordig het.

Baie geluk, Liyah-Mae – jy inspireer ’n nasie!

https://witteberghs.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article