Kaapstad – Laerskool Hendrik Louw is trots om aan te kondig dat Linja Erasmus, ’n jong tennisster van formaat, einde November saam met die Suid-Afrikaanse o.12-tennisspan na Kaïro, Egipte, vertrek.
Linja het reeds vanjaar haar Suid-Afrikaanse kleure verwerf. In Augustus het sy saam met haar spanmaats die Suidelike Afrika-spankompetisie in Mosambiek gewen. Dit is ’n prestasie wat haar talent en toewyding bevestig.
Nou wag die finale rondte van die Afrika o.12-tennisspankompetisie, waar Linja en haar spanmaats Suid-Afrika met trots gaan verteenwoordig.
Die skoolgemeenskap en breër Kaapstad is ongelooflik trots op Linja se prestasies en wens haar en die hele span ’n suksesvolle toer en alle sterkte toe.
Foto verskaf






