Baie geluk aan Gerard Bekker van Laerskool Outeniqua in George wat Sondag, 1 November, die wenner was by die Knynsa Junior Gholf Ope 0/13-afdeling.
Gerard is een van Laerskool Outeniqua se belowendste gholfspelers en almal by Outieland is trots op hom.



