Foto: Miceala met haar kunswerk
Hoërskool Ermelo se graad 12-kunsleerders het uitstekend presteer tydens die kunskompetisie wat jaarliks deur die Departement van Onderwys geloods word. Uit die 137 inskrywings het sewe Erries presteer met uitslae bo 80%.
Miceala Erasmus behaal 87% en verwerf ‘n tweede plek in Mpumalanga.
Hierdie is ‘n besonderse prestasie en getuig van harde werk en ‘n pragtige kunstalent.
Baie geluk, Miceala. Hoërskool Ermelo is besonder trots op jou!



