Laerskool Menlopark gee graag aan hul hoofleiers van 2020 die kans om Menlo te groet namens die graad 7 klas. Vandag groet Nina Schomper.
Wanneer mens iets of iemand moet groet waarvoor jy so lief geword het en wat vir jou so veilig en bekend is, dink ek aan my gunsteling gesegde deur dr Seuss…
“Don’t cry because it’s over – smile because it happened.”
Ek kies om nie te veel te dink aan dit wat nou vir my en ons graad 7’s verby is nie, maar om te fokus op dit wat ek van Laerskool Menlopark saam met my kan neem!
Ek eer die Here dat Hy my pad met die beste laerskool in die wêreld laat kruis het. Ek is dankbaar dat ek my skool kon dien, en trots daarop om te kan sê dat ek ‘n Parkie was…en altyd sal wees. Ek kon my laerskoolloopbaan afsluit saam met die lekkerste, beste en braafste graadgroep ooit!
Dankbaar vir wonderlike vriendskappe, lewenslesse, en die beste onderwysers wat soveel van hul liefde en tyd gegee het!
Aan elke Parkie, geniet elke oomblik en moenie vergeet om elke dag ‘n rede te soek om fees te vier nie! Of dit nou is omdat jy span gekry het, of ‘n dag deur is sonder om iets te vergeet! Klein of groot – vier dit – dit is wat die lewe so lekker maak en dit help dat tyd so ‘n bietjie stilstaan.
Na 8 jaar groet ek Laerskool Menlopark met ‘n vol hart wat oorloop. Mag die Here ons spesiale skool, personeel en elke Parkie uit hul sokkies uit seën met die mooiste uit Sy liefdevolle Vaderhand!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article