Foto bo: Mev Suzanne van Niekerk oorhandig die oorspronklike skoollied aan Juffrou Jordaan.
Mev Suzanne van Niekerk het ‘n stukkie geskiedenis aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria oorhandig: die OORSPRONKLIKE, HANDGESKREWE bladmusiek van hul geliefde skoollied.
Haar oupa, dr Jan Pienaar, het die skoollied in 1937 gekomponeer en sy vrou het, in samewerking met mnr Gerrit Bon, (orrelis by Pretoria-Oosgemeente) die lied getoonset. Mev van Niekerk se moeder – Christine Pienaar – was ‘n leerling van AHMP gedurende die 1940’s.
Hierdie skenking is ‘n hoogtepunt in die skool se Eeufeesjaar!
“Vir die eerste keer het ons foto’s van die Pienaars en hul dogter, Christine. Mev Van Niekerk het ook twee Nooientjie-wapentjies van haar Moeder aan ons geskenk.”
AHMP is diep dankbaar teenoor mev Van Niekerk vir hierdie besondere skenking!
‘n Nooientjie-speldjie uit die 1940’s
Vlnr: Christine Pienaar, Dr en mev Pienaar

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article