Kosblik-projek – Primêre Skool Naudéville, in Welkom is al 40 jaar oud. Daarom is die Graad 1’s vir hulle baie spesiaal en belangrik.

Verskeie besighede van Welkom het op Dinsdag, 8 Februarie, dit moontlik gemaak om aan elke Graad 1 leerder ‘n kosblik te gee. Daarin was ‘n broodjie, appel en ‘n Naudéville plakker. Elke graad 1’tjie spog nou met ‘n splinternuwe kosblik! 

Baie dankie aan die borge wat dit moontlik gemaak het om die kindertjies se harte bly te maak!

Naudéville is baie dankbaar vir die mooi gesindheid!

Kosblik-projek - Graad 1's belangrik vir Primêre Skool Naudéville
Kosblik-projek – Graad 1’s is belangrik vir Primêre Skool Naudéville. Op die foto is die sakemanne van Welkom wat die projek geborg het. Vlnr: Francois Blignaut, Mnr Tommie Doubell ( skoolhoof) en Jose Ascensau. Rosa Muller en Christo Esterhuizen was afwesig met neem van die foto.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

http://www.naudies.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article