PRG atlete. Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se atlete het verskeie individuele pryse gewen by die jaarlikse Prestige Atletiekbyeenkoms in Dal Josaphat, Paarl. PRG atlete het die volgende pryse ingepalm:

  • Divan Lamprecht is gekroon as die beste junior baan atleet na sy o/15 100m hekkies oorwinning.
  • Joshua Acker, ontvang die titel van beste senior veld-atleet. Hy het ook die prestasie van die dag verower met sy rekord o/17 gewigstoot poging.
  • Handre Nel (o/17) is gekroon as die beste senior paalspring atleet en beste algehele paalspring atleet van die dag na ‘n persoonlike beste van 4.6m.
  • Die o/14 BloemRoos atlete het hulle ouderdomsgroep gewen met die twee skole wat algehele derde eindig met ‘n totaal van 733 punte.

#prgatletiek#prestigeatletiek#prestigeathletics#prgathletics+2

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article