Interskole 2026 - Hoërskool Punt algehele wenner
Hoërskool Punt as algehele wenners aangewys

Interskole 2026 – Hoërskool Punt algehele wenner


Hoërskool Punt, Mosselbaai, het tydens die afgelope naweek se Interskole teen Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn skitterend presteer en die meeste trofeë ingepalm.

Sportsoorwinnings

  • Gholf – Kaptein: Evan Fourie
  • Skaak – Kaptein: Chris de Jager
  • Padel – Kaptein: Suzaan le Roux
  • Seunshokkie – Kaptein: Linathi Fundakubi
  • Rugby – Kaptein: JD Jansen

Punt se dogtershokkie, onder leiding van kaptein Catherine-Lee Gouws, het ’n gelykop uitslag behaal.

Die Groot Oomblik

Met hierdie indrukwekkende prestasies is Hoërskool Punt as die algehele wenner van Interskole 2026 aangewys. Die trofee is met trots deur ons hoofseun, Rossouw Gericke, ontvang.

Ons skoolgemeenskap is ongelooflik trots op elke leerder, afrigter en ondersteuner wat tot hierdie triomf bygedra het. Die Vis-familie het weer bewys wat moontlik is wanneer ons saamstaan!

https://www.pointhighschool.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article