Hoërskool Strand is besonder trots op drie van hul karatehelde wat onlangs hul staal tydens die amptelike Boland-karatekompetisie gewys het.

Baie geluk aan:

  • Edrin Steyn (Graad 8)
  • Rudi Koekemoer (Graad 10)
  • Nicholas Keyter (Graad 10)

Hierdie drie leerders het nie net hul Boland-kleure verwerf nie, maar is ook gekies om later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Karatekampioenskap deel te neem!

Wat ’n besondere prestasie! Hierdie drie karatehelde is ’n toonbeeld van harde werk, dissipline en deursettingsvermoë. Julle maak Hoërskool Strand ongelooflik trots!

Hoërskool Strand bedank ook Boland-karate vir die erkenning en die rol wat hulle speel in die ontwikkeling van ons leerders se talent. ’n Spesiale woord van dank ook aan die ouers wat hierdie Arende getrou ondersteun en aanmoedig.

Baie sterkte met julle voorbereiding, Edrin, Rudi en Nicholas – die Arendfamilie staan bankvas agter julle!

https://hsstrand.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article