Arné Maritz vier 100ste hokkiewedstryd vir Witteberg
Arné Maritz vier 100ste hokkiewedstryd vir Witteberg

Arné Maritz vier 100ste hokkiewedstryd vir Witteberg


Hoërskool Witteberg, Bethlehem, vier ’n merkwaardige mylpaal in die hokkiegeskiedenis. Arné Maritz het tydens die tuiswedstryd teen Hoërskool Diamantveld haar 100ste wedstryd vir Witteberg gespeel – ’n prestasie wat haar toewyding, trots en deursettingsvermoë beklemtoon.

Sedert graad 8 het Arné die Noord-Vrystaat met trots in verskeie spanne verteenwoordig en reeds in graad 11 as onderkaptein van die eerstespan uitgestaan. Haar leierskap, harde werk en voorbeeldige sportmangees het haar span geïnspireer en versterk.

Die Witteberg-familie is ongelooflik trots op Arné se prestasies en die nalatenskap wat sy op en van die veld bou. Sy is ’n ware inspirasie vir elke hokkiespeler.

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article