PRETORIA – Hoërskool Garsfontein het tydens sy jaarlikse Wintersport Merietefunksie erkenning gegee aan die besondere prestasies, harde werk en deursettingsvermoë van sy wintersportspelers. Die geleentheid het die skool se trots op uitnemende sportprestasies in rugby, netbal en hokkie beklemtoon.
Die grootste individuele toekennings van die aand is aan Megan Maree. Sy is as Sportvrou van die Jaar aangewys. Kwagga van der Vyver, het die titel Sportman van die Jaar ontvang.
Rugbyspeler van die jaar
Van der Vyver het verder sy stempel afgedruk deur ook die toekennings vir Rugbyspeler van die Jaar. Hy het ook die Pote Human-trofee vir die beste prestasie in rugby en Beste Senior Rugbyspeler te ontvang.
Die skool se Eerste Rugbyspan, onder leiding van kaptein Joshua Gouws, is as Beste Rugbyspan aangewys. Die o.16A-span, met JD Venter as kaptein, die toekenning vir Aantreklikste Rugbyspan ontvang het. Ruben Lombard is vereer as die Mees Toegewyde Rugbyspeler.
Die toekenning vir Beste Skopkoning het gegaan aan Le Roux Badenhorst (junior) en Joshua Gouws (senior). Die beste rugbyspelers in die onderskeie ouderdomsgroepe was Lian de Jager (junior), Kwagga van der Vyver (senior), Kean J. Meyer (o.16), Tyron Strauss (o.15) en Wian Badenhorst (o.14).
Netbal
In netbal is die o.17A-span, onder leiding van kaptein Mignon de Wet, as die Beste Netbalspan aangewys. Die beste senior spelers was Bianca Phyfer en Isabella le Roux (verdedigers), Suné Fölscher (doel), Janke Schnetler (senterbaan) en Tamzin Deysel, wat as die Beste Senior Speler bekroon is.
Onder die junior netbalspelers het Isabella Tait (verdediger), Mieke Botha (doel), Mikayla Lyons (senterbaan) en Johané M. Fourie, as Beste Junior Speler, besonder uitgeblink.
In die dogtershokkie-afdeling is Jana Seebach as Beste Dogtershokkiespeler van die Jaar aangewys. Zuraida Venter het die eer as Doelwagter van die Jaar ontvang. Ander senior uitblinkers was Emma Bouwer (verdediger), Moya Reinach (middelveldspeler), Landri Lotter (voorspeler) en Jana Seebach as beste senior speler.
Hokkie
Hoërskool Garsfontein wintersport se beste junior dogtershokkiespelers was Suraya Zowitsky (verdediger), Omphile Malikane (voorspeler) en Mieke Reynolds, wat erkenning ontvang het as middelveldspeler én Beste junior Speler.
In seunshokkie het Lesego Mziza die toekenning as Beste Seunshokkiespeler van die Jaar ontvang, terwyl DeWet van der Merwe as Doelwagter van die Jaar vereer is. Senior toekennings het gegaan aan Schalk Lotter (verdediger), Andrea Clerihew (middelveldspeler) en Lesego Mziza, wat ook as Beste Senior Speler bekroon is.
Die junior seunshokkie-uitblinkers was Rohan Bernhardi (voorspeler), Martin van der Merwe (verdediger en Beste Junior Speler) en Eben Millard (veldspeler).














Hoërskool Garsfontein is trots op elke sportman en sportvrou wat deur hul talent, toewyding en sportmangees die skool se naam hoog hou. Die merietefunksie dien as erkenning vir die merkwaardige bydrae wat hierdie atlete gedurende die wintersportseisoen gelewer het.
Foto’s verskaf





You must be logged in to post a comment.