HTS Drostdy van Worcester het die afgelope naweek sterk vertoon by die gesogte Rola Bredasdorp Top 10-atletiekbyeenkoms. Uit 26 deelnemers bring die span ’n indrukwekkende 10 medaljes huis toe – ’n bewys van talent, deursettingsvermoë en spanpoging.
Podium prestasies
- Victor Lategan – 100 m- 1ste, 200 m 1ste, Top 8 o.14 – 8ste
- Trishaan Gouws – verspring 1ste, 100 m-hekkies 2de
- Reghard Esterhuyse – Spiesgooi – 1ste
- Sebastian Greeff – 200 m – 2de
- Luan Rossouw – Gewigstoot – 2de, Top 8 o.14 – 3de
- Sergio Williams – Verspring – 2de
- Anke Pretorius – 100 m – 3de
- Zanri le Roux – Verspring – 3de
Die Drostdy-atlete het met trots die skool se naam hoog gehou en bewys dat hulle tot die land se topvlak behoort.
Foto verskaf






