Hokkie. Hoërskool Fichardtpark se hokkiespan het deelgeneem aan die PSi indoor. Dit het plaasgevind vanaf 16-22 Desember in Pretoria.

Barend Vorster het vir die onder 14 span aan die PSi Inland 2021 Nationals hokkie deelgneem. Hy was deel van die Bears-span. Die Bears-span wen die Nationals en stap weg met goud.

Imoné Coetsee, Lana van Deventer en Miike van der Merwe het die onder 16 hokkiespan verteenwoordig. Hulle behaal’n algehele vyfde plek.

Die toernooi word jaarliks gehou vir spelers van onder 11 tot onder 18. Dit is by hierdie toernooi waar spelers geselekteer kan word vir ‘n ‘All Stars’ span. Hierdie span verteenwoordig Suid-Afrika dan oorsee.

Hokkie - Hoërskool Fichardtpark neem deel aan PSi indoor
Barend Vorster van Fichies in aksie
Hokkie - Hoërskool Fichardtpark neem deel aan PSi indoor
Dogtershokkie neem deel aan binnenhuis hokkie
Hokkie - Hoërskool Fichardtpark neem deel aan PSi indoor
PSi indoor baan
Hokkie - Hoërskool Fichardtpark neem deel aan PSi indoor
Ontspan bietjie tussen wedstryde

Baie geluk, julle maak Fichies trots!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://fpark.co.za

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article