Megan Baily, Anna-Maria Adreani en  Lunje Mengezeleli

Drie van Hoërskool Punt, Mosselbaai, se leerders het die afgelope vakansie aan die Nasionale ISF Eskom Ekspo in Johannesburg deelgeneem.  Lunje Mengezeleli het ‘n silver medalje  asook ‘n spesiale toekenning ontvang. Anna-Maria Adreani en Megan Bailey het albei goud verwerf. Anna-Maria en Megan is ook genomineer om aan die Internasionale Ekspo-kompetitisie, wat in 2020 in verskillende lande sal plaasvind, deel te neem.

Hoërskool Punt wil hierdie leerders  met hulle uitsonderse prestasie gelukwens en voorspoed toewens met die nominasieproses.

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article