Hoërskool Nelspruit se o.16-hokkiedogters het van 13 tot 16 Augustus in Gauteng aan die Noordvaal B-uitspele deelgeneem en die toernooi met trots as kampioene afgesluit.
Die span het hul pad tot in die semi-finaal oopgespeel, waar hulle teen Merensky te staan gekom het. Ná ’n 1-1 gelykop-uitslag is die wedstryd deur ’n “sudden death” beslis. Die Nellies het koel gebly en met 3-2 gewen.
In die finaal teen Montana was dit weer ’n naelbyt-stryd. Ná ’n 0-0 gelykop in speeltyd het die beslissing deur 8-sekondes gekom, waar NHS vasberade met 2-1 geseëvier het en die Noordvaal-B titel ingepalm het.
Uitslae
- Wen 2-1 vs Hans Strydom
- Wen 1-0 vs Montana
- Wen 2-1 vs Ligbron (kwartfinaal)
- Wen 3-2 vs Merensky (semi-finaal)
- Wen 2-1 vs Montana (finaal)
Wat ’n ongelooflike manier om die seisoen af te sluit! Die span het 25 wedstryde gedurende die seisoen gespeel en talle hoogtepunte beleef.
Baie geluk aan elke speler en afrigter – julle het NHS se naam met trots hoog gehou!






