ATKV-tienertoneel-streeksfees. Hoër Meisieskool Oranje het vir die vyfde agtereenvolgende jaar koning gekraai by die ATKV-tienertoneel-streeksfees. Hulle produksie “(S)inK” het die verhoog oorheers en die beoordelaars beïndruk.

Die toneelstuk is as die beste produksie uit ’n veld van 25 deelnemers aangewys, wat Oranje se reputasie as ’n toonaangewende kultuurskool verder bevestig.

ATKV-tienertoneel-streeksfees - Oranje-produksie skitter op verhoog en podium
Oranje-produksie “(S)inK” skitter op verhoog en podium

Benewens die algehele oorwinning is die produksie ook met verskeie individuele toekennings bekroon:

  • Chanmari Erasmus en Lynmari Brink as Beste regisseurs
  • Danaé du Plessis as Beste aktrise in ’n hoofrol
  • Kaylin Maartens as Beste aktrise in ’n ondersteunende rol, met Lisa Lintvelt en Miné Truter as finaliste

Die prestasie beklemtoon nie net die talent van Oranje se toneelspan nie, maar ook die volgehoue toewyding van die skool om kultuur en kreatiwiteit op die hoogste vlak te bevorder.

https://oranjemeisies.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article