o16 en o21: Mienel Markram is voor 2de van links.

Drie van Hoërskool Kalahari in Kuruman, se skuts, Mienel Markram, Delarey Saaiman en Nicol Pietersen, het gedurende die September-vakansie, as deel van die Noord-Kaapspan, aan die Nasionale Kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem.

Mienel Markram was deel van die O/16 Veerskietspan, wat Goud verwerf het. Delarey Saaiman en Nicol Pietersen was deel van die O/14 Veerskietspan, wat Silwer verwerf. Die Noord-Kaap is aangewys as die algehele wen-provinsie in die veerafdeling!


014: Links is Delarey Saaiman en in die middel is Nicol Pietersen.

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article