Eerste foto Casper (links) en Foster (regs) en tweede foto Foster (links) en Casper (regs).

Casper du Plessis (0/17) en Foster Lubbe (0/16)van Hoërskool Kalahari is opgeneem in die Noord-Kaap 0/19 Krieketspan. Hulle sal hul provinsie by die Nasionale Kaya Majola Krieketweek, wat plaasvind vanaf 16 tot 20 Desember te Pietermaritzburg, verteenwoordig. Hierdie krieket-toernooi is die vertoonvenster van Suid – Afrikaanse skolekrieket en Hoërskool Kalahari is baie trots op hierdie 2 seuns!

Baie geluk, manne!

Casper du Plessis links en Foster Lubbe regs.

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article