Hoërskool Diamantveld, Kimberley, is ongelooflik trots op drie van hul rugbyspelers wat tydens die Cravenweek hul staal gewys het. Hierdie drie rugbyspelers het die Griekwas-span met glans verteenwoordig.
Heinrich Swart het uitgestaan toe hy as Speler van die Wedstryd aangewys is in Griekwas se 43–29 oorwinning oor die Pumas. Met twee puik drieë en kragtige spel het hy ’n groot aandeel in die oorwinning gehad.
MG van Greuning het met groot onderskeiding die kapteinsband gedra. Hy het sy span met leierskap en vasberadenheid na oorwinning in Port Elizabeth gelei.
Tyler Campher het sy naam in die geskiedenisboeke vasgelê met ’n indrukwekkende driekuns wat die toeskouers op hul voete gehad het.

Baie geluk aan hierdie drie uitmuntende rugbyspelers! Julle is ware ambassadeurs van Hoërskool Diamantveld en dra die skool se naam met trots en eer. Die hele skoolgemeenskap vier saam met julle hierdie besondere prestasies!







You must be logged in to post a comment.