“Indien u gewonder het wie hierdie aandoenlike jong lat is wat op ANHS se sosiale media pronk, dit is ons eie Pieter van Schalkwyk! Pieter is afkomstig van Queenstown waar hy sy skoolloopbaan voltooi het te Hoërskool Hangklip.” Pieter is aangestel as Hoërskool Aliwal-Noord se studente- onderwyser vanaf Maart vanjaar. Hy spandeer graag tyd in die buitelewe waar hy sy liefde vir hengel uitoefen. So gepraat van oefen… Pieter is gaande oor sport, veral Rugby en hy oefen graag ook in die gimnasium. Hy is lief vir die onderwys want dit kombineer twee van sy groot liefdes: sport en om kinders te help presteer. Pieter is die toonbeeld van hulpvaardigheid en doelgerigdheid, niks is ooit vir hom teveel gevra nie! Sy positiewe uitkyk oor die lewe maak van hom sowaar iemand om na op te kyk en ANHS is opgewonde om te sien hoe hy nog baie jong mense se lewens positief gaan beïnvloed.
Home » Hoërskool Aliwal-Noord stel nuwe Studente-onderwyser bekend
Hoërskool Aliwal-Noord stel nuwe Studente-onderwyser bekend

Hoërskool Aliwal-Noord stel nuwe Studente-onderwyser bekend
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Related Articles
-

Hoof van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem groet die skool wat hom vlerke gegee het
"Ek kan vandag my kolf lig vir die skare en met dankbaarheid erkenning gee aan…
by
Madli Grobbelaaron
-

Meisie (12) wil nog Boktrui dra ná seunspan-debuut
Die 12-jarige Tianay Dowries maak geskiedenis in Sir Lowry's Pass Primêr se o.13-seunsrugbyspan en werk…
by
District Mail and Helderberg Gazetteon
-

Plattelandse seun met groot drome lei Middies-rugby vanaf 2026
’n Ware plattelandse seun met ’n passie vir skolerugby — dis hoe Christiaan Gouws beskryf…
by
Dustin Wetdewichon
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.

