Jean-Mari Mӧller, ‘n graad 9 leerder van Hoërskool Adamantia in Kimberley, het die volgende prestasies in Wiskunde-olimpiades behaal.
South African Maths Challenge: Jean-Mari het deur gedring na die finale rondte.
Wits Mathematics Competion: Jean-Mari is een van 5 leerders in die Noord-Kaap en Vrystaat wat deur gedring het na die finale rondte.
SA Mathematics Team Competition: Jean-Mari is gekies as “Secretary” van die FS/NC Siyanqoba Junior span. Hierdie span het landswyd ‘n 16de plek behaal uit ‘n totaal van 77 spanne.
Internasionale Wiskunde Kompetisie: Jean-Mari het tydens 2020 aan verskillende kompetisies en opleidingsessies deelgeneem om in aanmerking te kan kom vir die Suid-Afrikaanse span wat Suid-Afrika tydens ‘n Internasionale Wiskunde kompetisie sou verteenwoordig. As gevolg van COVID 19 is die Internasionale Kompetisie gekanseleer. Jean-Mari het op Saterdag, 21 November, aan die finale rondte deelneem, waartydens die Suid-Afrikaanse span gekies word.
“Baie geluk en sterkte aan Jean-Mari vir haar toekomstige wiskundige uitdagings wat sy nog gaan aanpak. Ons weet jy sal ons trots maak.”
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.

Share this post:
Related Articles
Leave a comment
You need to be Logged In to leave a comment.





