Bianca Pienaar, ‘n gewese lid van Oranje se eerste netbalspan, se visier was puik ingestel in die afgelope Telkom Netballiga.
Bianca, wat verlede jaar matrikuleer het, was een van die top-doelskieters in die toernooi.
Sy het as hulpdoel en doel van die Noord-Kaapse Diamonds 85.9% van haar 156 pogings gesink.
Van alle doelskieters met 150 pogings of meer in die kompetisie, was haar doelgemiddeld die derde hoogste.



