Griekwa Capping-seremonie by Hoërskool Duineveld
Duineveld rugbyspelers by die Griekwa Capping-seremonie ( foto’s verskaf)

Griekwa Capping-seremonie by Hoërskool Duineveld


Hoërskool Duineveld, Upington, straal van trots oor hul rugbyspelers wat tydens die Griekwa Capping-seremonie vereer is met hul provinsiale kleure!

Hierdie toekenning-eer is ’n bewys van harde werk, toewyding en opoffering – en ons is ongelooflik trots op elkeen van julle.

Dra julle Griekwa-truie én die Duineveld-naam met waardigheid en passie tydens die komende toernooie. Speel met hart, toon respek op én van die veld af, en wees waardige ambassadeurs van ons skool en gemeenskap.

Velties capping seremonie

Duineveld wens julle alle sterkte toe en vertrou dat julle die Noord-Kaap met trots sal verteenwoordig. Geniet elke oomblik en gryp hierdie geleentheid met albei hande aan!

https://duineveld.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article