IPT Muurbal Kampioenskappe 2026. Welkom Gimnasium is ongelooflik trots op die Oliver-sussies wat hul merk gemaak het in muurbal. Beide Danica en Bree Oliver is gekies om die Vrystaat te verteenwoordig by die IPT Muurbal Kampioenskappe 2026.
- Danica Oliver het ’n plek verower as nommer 4 in die meisies o.17-span. Sy sal haar provinsie verteenwoordig in Pretoria van 27 Junie tot 1 Julie 2026.
- Bree Oliver het eweneens ’n indrukwekkende prestasie behaal en is gekies as nommer 2 in die meisies o.15-span. Bree gaan die Vrystaat se kleure dra in Oos-Londen, ook van 27 Junie tot 1 Julie 2026.
Die IPT Muurbal Toernooi is een van die mees gesogte interprovinsiale muurbal-kompetisies in Suid-Afrika, waar die land se beste jong talente meeding.
“Baie geluk, Danica en Bree – julle is ‘n ware inspirasie vir die Gimmies-familie!”






