Grey Kollege, Bloemfontein – Grey College is baie trots op drie van sy talentvolle atlete wat Suid-Afrika verteenwoordig het by die Confederation of School Sport Associations of Southern Africa (COSSASA) Games in Bulawayo, Zimbabwe.

Al drie het in die O/18-afdeling deelgeneem en uitstekende resultate behaal:

  • Wian Bredenkamp (o. 15) – Spiesgooi, Goud
  • Reuben Smit (o. 15) – 110 m Hekies, Brons
  • KG Nghonyama (o. 14) – Verspring, Brons

Om Suid-Afrika op internasionale vlak te verteenwoordig, is ’n besondere prestasie. Dat hierdie jong atlete van Grey Kollege boonop medaljes in ’n hoër ouderdomsgroep verower het, maak hul prestasies nóg meer merkwaardig.

Grey College beskou Wian, Reuben en KG se harde werk, toewyding en sportmanskap as ’n inspirasie vir elke jong sportliefhebber. Hulle het nie net die skool se naam hoog gehou nie, maar ook Suid-Afrika met trots op die internasionale verhoog verteenwoordig.

https://greycollegesecondary.com/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article