Hoërskool Linden, Gauteng, is trots om die uitstaande prestasie van Joshua Nel. Hy is lid van die skool se eerste gholfspan en het tydens die Steyn City School Players Championship van 13 tot 15 September 2026 geskitter.

Die span het oor drie dae teen 15 topskole meegeding in ’n hoogs kompeterende toernooi. Joshua Nel het van die eerste dag af sy merk gemaak en teen meer as 60 gholfers die voortou geneem. Met ’n indrukwekkende totaal van 216 houe het hy die toernooi as individuele kampioen afgesluit. Dit is ’n prestasie wat sy talent, fokus en vasberadenheid onderstreep.

Hoërskool Linden is uiters trots op Joshua se oorwinning en die wyse waarop hy die skool met waardigheid en trots verteenwoordig het.

Die skool het ’n besonderse woord van dank aan Steyn City School vir die voortreflike aanbieding van die toernooi gerig.

Hoërskool Linden se Eerste gholfspan by Steyn City

Joshua sien daarna uit om weer deel te wees van hierdie gesogte toernooi in die toekoms.

hhttps://linden.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article