COSSASA Games. Hoërskool Marais Viljoen, Alberton, het ’n merkwaardige mylpaal bereik. Nog nooit tevore is soveel van die skool se atlete gekies om Suid-Afrika Internasionaal te verteenwoordig nie. Vier sterre van die Blou Masjien is ingesluit in die span wat van 31 Augustus tot 3 September aan die COSSASA Games in Bulawayo, Zimbabwe gaan deelneem.

Die uitblinkers is:

  • Lize-Mari van den Berg – o.17 400 m en 800 m (ten spyte daarvan dat sy nog o.14 is)
  • Janine Berry – o.17 Verspring
  • Tyran Brooks – o.17 1 500 m en 3 000 m
  • Calvin Kandira – o.17 400 m

“Baie geluk aan hierdie uitstaande atlete! Julle harde werk, deursettingsvermoë en talent het vir julle hierdie ongelooflike geleentheid besorg. Ons wens julle alle sukses toe terwyl julle met trots Suid-Afrika én die Blou Masjien op die internasionale verhoog verteenwoordig. Gaan hou hoërskool Marais Viljoen se naam hoog en gaan maak nog meer geskiedenis!”

https://www.maraisviljoen.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article