Hoërskool Transvalia is trots om aan te kondig dat Chantelique Smith, Valia-ster, ná ’n uitmuntende atletiekseisoen, gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die COSASSA-kampioenskappe.
Die COSASSA-kampioenskappe vind in Bulawayo, Zimbabwe plaas van 31 Augustus tot 3 September 2026
Hierdie prestasie is ’n merkwaardige beloning vir Chantelique se toewyding en harde werk. Die hele Valia Familie vier saam en wens haar alle sterkte toe terwyl sy Suid-Afrika en Transvalia met trots op die internasionale verhoog verteenwoordig.
“Geniet elke oomblik, Chantelique – jy maak ons trots!”
https://www.hstransvalia.co.za/
Foto verskaf






