Goudveld Hoërskool Netbal skitterend op provinsiale vlak!
O.19 Lejweleputswa B‑span, O.19 Lejweleputswa A‑span (foto’s verskaf)

Goudveld Hoërskool Netbal skitterend op provinsiale vlak!


Die afgelope week was ’n besonderse hoogtepunt vir Goudveld Hoërskool netbal, met die spelers wat hul merk op provinsiale vlak gemaak het.

Baie geluk aan Jemma Kleynhans en Kara Taute met hul deelname aan die All Ages Netbalkampioenskappe.

  • Kara het die O.14 Cheetah‑span verteenwoordig wat algeheel 17de geëindig het.
  • Jemma het vir die O.14 Jaguar‑span gespeel wat ’n puik 14de plek behaal het.

Julle het Goudveld met trots verteenwoordig, waardevolle ervaring opgedoen en bewys dat harde werk beloon word. Ons is ongelooflik trots op julle!

Telkom Netball Championship (TNC) – Boksburg

Vandag begin nóg ’n opwindende hoofstuk wanneer ons Goudveld‑spelers aan die TNC deelneem.

Ons wens baie sterkte toe aan:

  • Carli Taljaard en Lynn‑Mari Louw – O/18 Cheetah‑span
  • Naledi Tadi en Amo Twapa – O/18 Jaguar‑span
  • Kaela‑Mari Keyser en Mpho Komani – O/19 Lejweleputswa A‑span
  • Rethabile Phafudi – O/19 Lejweleputswa B‑span

Hoërskool Goudveld weet julle sal elke geleentheid aangryp, met passie en trots speel, en alles op die baan gee. Geniet elke wedstryd, elke uitdaging en elke oomblik van hierdie besondere ervaring.

Die hele Goudveld‑gemeenskap staan vierkantig agter elkeen van julle. Baie sterkte vir die toernooi – ons sien uit daarna om julle prestasies te volg en saam met julle fees te vier.

Gaan wys waartoe Gouties in staat is!

https://gouties.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article