Arendtrots op die Rugbyveld by VKB week in Vrystaat
o.16 Wes‑Kaap Disa‑span het deurgaans uitstekende rugby gelewer

Arendtrots op die Rugbyveld by VKB week in Vrystaat


Hoërskool Strand se rugbymanne het gesorg vir Arendtrots op die Rugbyveld by VKB week in Vrystaat. Hulle het die veld behoorlik aan die brand gespeel tydens die o.16 VKB Rugbyweek in Frankfort en die o.19 VKB Rugbyweek in Reitz.

Die o.16 Wes‑Kaap Disa‑span het deurgaans uitstekende rugby gelewer en die eindstryd gehaal, waar hulle ongelukkig met 23–24 in ’n ware naelbytstryd vasgeval het. Die o.19 Disa‑span het in die finaal kragtige rugby gespeel. Alhoewel die uitslag nie in ons guns was nie, het ons seuns ongelooflike karakter en deursettingsvermoë getoon.

“’n Besonderse woord van dank aan die lojale ouers wat die moeite gedoen het om na Frankfort en Reitz te reis. Julle entoesiasme en onwrikbare ondersteuning is ’n bewys van die gesonde en sterk rugbykultuur by Hoërskool Strand. Julle het ’n groot rol gespeel om die spelers aan te vuur en ons skool met trots te verteenwoordig.”

O.19 Stedelik uitslae:

  • WP Disas teen Diamante: 63-3
  • WP Disas teen Invitational Schools: 38-26
  • Finaal: Bulls teen WP Disas: 62-27

O.16 VKB Rugbyweek:

  • WP Disas teen Midlands: 26-8
  • WP Disas teen Zululand Izinsizwa: 57-12
  • WP Disas teen Broncos: 23-24

Spesiale Toekennings

  • o.16 Toerspan na die Verenigde Koninkryk
  • Neville Lloyd
  • Michal Jacobs
  • o.16 Nie‑toerende span
  • Shawn Clark
  • Reghardt Beukes
  • Divan de Villiers
  • o.16 Beste speler in sy posisie
  • Beste vleuel: Neville Lloyd

“Julle het met volle #Arendtrots bewys dat julle met gemak op provinsiale vlak kan deelneem. Hierdie prestasie is ’n inspirasie vir die hele Strand‑gemeenskap!”

https://hsstrand.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article