Hoërskool Strand se rugby‑arende vlieg hoog! Die Arende is baie trots op die seuns wat gekies is om die Wes‑Kaap Disa‑spanne te verteenwoordig. Dit gebeur tydens die komende vakansietoere.
WP se o.16 Disa‑span reis na Frankfort, Vrystaat. Hulle gaan hul titel verdedig nadat hulle verlede jaar KwaZulu-Natal in ’n spanningsvolle finaal geklop het. Die o.19 Disa‑span pak die pad na Reitz in die Vrystaat. Die manne is vasbeslote om die Wes‑Kaap met trots en krag te verteenwoordig.
Hierdie prestasie is ’n bewys van die spelers se harde werk, toewyding en ’n onwrikbare passie vir rugby. Julle dra nie net julle eie name met trots nie, maar ook die Arend‑familie wat agter julle staan.

“Geniet elke oomblik, gryp die geleentheid aan en speel met volle #Arendtrots!”







You must be logged in to post a comment.