Gauteng-skerm - Callista Wood skitter met goud en brons
Callista Wood verower goud en brons medaljes by Gauteng-skerm (Foto verskaf)

Gauteng-skerm – Callista Wood skitter met goud en brons


Gauteng-skerm. Hoërskool Linden vier fees saam met Callista Wood, gr. 11-leerder, wat onlangs haar naam in die geskiedenisboeke van Gauteng-skerm vasgepen het.

Callista het haar eerste goue medalje in die Senior Vroue Sabel-afdeling verower – en dit teen ’n veld vol gesoute kampioene. Sy het nie net twee Olimpiese deelnemers van die 2008 Beijing Spele geklop nie, maar ook ’n voormalige wêreldkampioen. ’n Ongelooflike prestasie, veral omdat sy die jongste deelnemer in die afdeling was!

Danksy hierdie oorwinning beklee Callista nou die tweede plek op die Gauteng-ranglys vir Senior Vroue Sabel.

En asof dit nie genoeg is nie, het sy ook ’n bronsmedalje in die Senior Vroue Floret-afdeling ingepalm – weereens as die jongste deelnemer.

Die volgende groot uitdaging wag reeds. In Augustus neem Callista deel aan die nasionale ranglyskompetisie in Bloemfontein.

” Baie geluk, Callista! Hoërskool Linden is ongelooflik trots op jou – jy is ’n inspirasie vir jou skool en vir die hele skermgemeenskap. Ons weet jy gaan jou staal wys by die nasionale ranglyskompetisie.”

https://linden.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article