African Gaming Championships Finals -Trio‑Fortnite helde storm Kaap toe
African Gaming Championships van Hoërskool Trio (Foto voorsien)

African Gaming Championships Finals -Trio‑Fortnite helde storm Kaap toe


African Gaming Championships Finals bring die beste jong gamers van die vasteland bymekaar. Hoërskool Trio se eie Fortnite‑span is reg om hul merk te maak. Johan Bosman, Conrad de Jager en Aden Potgieter, het van ’n sesde plek in die liga opgeklim tot die African Gaming Championship Finals se groot eindstryd in Kaapstad.

Met hul vaardigheid, vasberadenheid en spanwerk wys hulle dat e‑sport net so ’n trotse prestasie is soos enige ander sport.

E‑Sport, oftewel elektroniese sport, is ’n vorm van kompetisie waar spelers meeding in videospeletjies op ’n professionele vlak. Soos tradisionele sport het dit ligas, toernooie, afrigters en selfs ondersteuners. Speletjies soos Fortnite, League of Legends en FIFA is wêreldwyd bekend en word op groot verhoogde skerms gespeel. Dit lok duisende toeskouers en miljoene aanlyn kykers.

Waarom is dit belangrik?

  • Internasionale groei: E‑Sport is een van die vinnigste groeiende sportbedrywe ter wêreld.
  • Spanwerk: Net soos rugby of netbal verg dit strategie, kommunikasie en samewerking.
  • Toekomsgeleenthede: Jong spelers kan beurse, loopbane in tegnologie en selfs professionele kontrakte verdien.

Vanaf 15-19 Julie met Trio Guts, Trio Pride, Trio Power is dit Game on!

“Trio is trots op julle en ondersteun julle elke stap op die pad!”

https://www.triohs.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article