Emri Prinsloo van Zyl, ‘n matrikulant van Hoërskool Transvalia, is gekies vir die gesogte Matrikulant-Kompetisie. Sy gaan haar skool verteenwoordig as finalis in die Matrikulant van die Jaar-kompetisie.

Die landwye kompetisie is gerig op voornemende studente van die Universiteit van die Vrystaat. Hierdie kompetisie dien as ‘n platform om erkenning te gee aan leerders wat algehele uitnemendheid toon. Ten einde die gesogte Matrikulant-kompetisie as finalis te haal, moet kandidate reeds op skoolvlak uitblink. Ermi blink uit in akademie, leierskap, sport en kultuur.

Hoërskool Transvalia het hul trots oor Ermi se benoeming uitgespreek. Die skoolgemeenskap is baie trots op Ermi en beklemtoon dat hierdie besondere erkenning die begin sal wees van nog vele groter hoogtepunte.

https://www.hstransvalia.co.za/

Foto voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article