Fribourg International Meeting - Ansumé de Beer herskryf rekords in paalspring
Ansumé de Beer breek SA- en Afrika-rekords in paalspring. (Foto verskaf)

Fribourg International Meeting – Ansumé de Beer herskryf rekords in paalspring


Fribourg International Meeting. Hoërskool Stellenbosch se eie oudleerder, Ansumé de Beer (Matriek 2025) het rekords herskryf in paalspring.

Sy het op Dinsdag, 30 Junie 2026 die wêreld laat kennis neem van haar talent by die Fribourg International Meeting – World Athletics Continental Tour Challenger in die vroue-paalspring.

Met ’n ongelooflike sprong van 4,50m het sy nie net die Suid-Afrikaanse o.20 én senior rekords verbeter nie, maar ook die Afrika o.20 en Afrika senior rekords herskryf.

Hierdie prestasie plaas haar tans tweede op die wêreldranglys vir vroue o.20-paalspring. Dit is ’n merkwaardige bewys van haar toewyding en talent.

“Baie geluk, Ansumé! Jy dra Hoërskool Stellenbosch se naam nog steeds met trots en inspirasie. Ons glo jou seisoen gaan nog vele hoogtepunte bring!”

https://stellies.com/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article