Afrika o.18/20 Atletiekkampioenskappe - Hoërskool Stellenbosch
Afrika o.18/20 Atletiekkampioenskappe – Hoërskool Stellenbosch

Afrika o.18/20 Atletiekkampioenskappe – Hoërskool Stellenbosch


Afrika o.18/20 Atletiekkampioenskappe. Goue glorie vir Hoërskool Stellenbosch!

Ansumé de Beer van Hoërskool Stellenbosch het gisteraand, Donderdag 17 Julie, geskiedenis gemaak by die 2025 Afrika o.18/20 Atletiekkampioenskappe in Nigerië! Met ’n skitterende sprong van 4 meter in die paalspring vir dogters o.20, het sy die derde goue medalje vir Suid-Afrika ingepalm – en ons harte daarmee saam! 🇿🇦

Wat ’n fenomenale prestasie van hierdie talentvolle jong atleet! Hoërskool Stellenbosch is trotser as ooit, en Suid-Afrika juig saam met jou, Ansumé!

Mooi so, Ansumé! Die wêreld lê voor jou oop – en dit blink van belofte!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://stellies.com/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article