Con Spirito Redenaarskompetisie - Margitte Pretorius skitter
Margitte Pretorius skitter by die Con Spirito-redenaarskompetisie. (Foto verskaf)

Con Spirito Redenaarskompetisie – Margitte Pretorius skitter


Con Spirito Redenaarskompetisie. Hoërskool Linden wil graag ‘n groot klokkie lui vir Margitte Pretorius. Sy is ’n Graad 9-leerder van Hoërskool Linden, wat onlangs haar merk gelaat het by die Con Spirito Individuele Redenaarskompetisie (eie keuse).

Margitte het met haar indrukwekkende redenaarsvaardighede ’n uitmuntende 95% behaal. Hierdie prestasie het haar nie net die titel van Itemwenner besorg nie, maar ook ’n plek in die Forte-finaal. Dit is ’n bewys van haar talent, harde werk en toewyding.

Die hele Linden-familie is ongelooflik trots op haar en sien uit om haar in die finale rondte te ondersteun.

“Margitte, jou deursettingsvermoë en passie vir redenaars is ’n inspirasie vir jou mede-leerders en onderwysers Ons wens jou alle sterkte toe vir die finale – mag jy weer blink en jou stem met selfvertroue laat hoor.”

https://linden.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article