Fichie Krieket. Wat ‘n Fichie krieket naweek vir Hoërskool Fichardtpark se krieketspanne!

Hoërskool Fichardtpark se 0/15A krieketspan het tuis teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool gespeel en met 3 paaltjies gewen. Fichie Krieket se eerstespan het in Bethlehem teen Hoërskool Witteberg gespeel en het met 12 lopies gewen.

O/15A vs BVHS

Voortrekker kolf eerste en word uitgeboul vir 109 lopies.

Fichies se beste boulers:

  • Dillon Geringer neem 4 paaltjies vir slegs 10 lopies.
  • Christiaan Myburgh neem 2 paaltjies vir 19 lopies.
  • Damian Mulder neem 2 paaltjies vir 20 lopies.

Fiches se beste kolwers:

  • Neven Olivier 23(16)
  • Damian Mulder 23(30).
  • Ivor Hamman 20(21).

Fichies o.15A krieketspan wen BVHS met 3 paaltjies.

Fichies 1ste krieketspan vs Hoërskool Witteberg van Bethlehem

Fichie krieket kolf eerste en behaal 203 lopies, almal uit.

Hoërskool Fichardtpark se beste kolwers:

  • Michael Cruywagen slaan 43 lopies van 44 balle.

Fichardtpark se beste boulers:

  • Stian Kruger neem 4 paaltjies vir 36 lopies.
  • Eben Botha neem 3 paaltjies vir 48 lopies.

Baie geluk aan Witteberg se nr 7 kolwer, Rian Roos. wat 77 lopies van slegs 54 balle gekry het.

Fichies wen die wedstryd met 12 lopies.

Fichies O.15A krieketspan

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://fpark.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article