Hibriede sonkragsisteem. Hoërskool Ermelo is besonder trots op die nuutste toevoeging tot die Erries se infrastuktuur: ’n Hibriede sonkragsisteem.

Alhoewel EHS nie die eerste skool is wat van sonkrag gebruik maak nie, is Hoërskool Ermelo die eerste – en tans enigste – skool in Mpumalanga wat só ‘n volledige sisteem het. Hierdie stelsel laat toe dat die skool nie afhanklik is van munisipale elektrisiteit of kragopwekkers nie, maar steeds daarop kan terugval indien dit nodig sou wees.

Dit is ’n reuse-projek wat deur EHS aangepak is en bestaan uit onder andere 252 “Lithium Iron”-batterye, vyf 50 KW wisselrigter (“Inverters”), 465 sonpanele en 12km kragdrade. Die totale opwekkings-kapasiteit is 248.52 kWp.

Hierdie sal verseker dat die hele skoolgebou, ouditorium, al drie koshuise, spreiligte en privaatverblyf op die skoolterrein geensins deur beurtkrag ge-affekteer word nie.

Vooruitgang laat die Erries straal!

Mnr Pieter Grobler knip die lint  tydens die opening van die sonkragstelsel
Van links: Mnr Pieter Grobler (EHS Hoof), mnr Johann Lengenhager (EHS terreinbestuurder) en mnr Gerrie Jansen van Rensburg
(EHS Beheerliggaan voorsitter)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article