Vlnr: Me. Marguerite Jacobsz, mnr. Conrad Bouwer, mnr. Phila Dladla, me. Katrien Jordan en me. Theunie Heinz

Op Woensdag, 11 September, het die Musieksentrum van Hoërskool Ermelo hul jaarlikse lentekonsert in die Ouditorium aangebied.

Die baie geslaagde musiekaand is geopen deur EHS se koor en ensemble-groep onder leiding van mnr. Phila Dladla. Hul uitvoering het getuig van die hoë standaard wat die musieksentrum deurgaans handhaaf.

Van junior tot senior leerders het elkeen op sy en haar instrument die beste vertoning gegee. Items is afgewissel deur klavierspel, sang, kitaar, blokfluit, viool, tromme, marimbas en klawerbord in klassieke en moderne styl.

Die senior leerders wat musiek as vak neem by EHS, moes as deel van hul praktiese assesseringstaak ‘n item lewer. Die graad 11-leerders wat opgetree het, was Zara Büchling en Miceala Erasmus met sang. Daniel van der Merwe, graad 12-leerder, wat klavier as sy praktiese instrument het, het ook ‘n solo gelewer, asook ‘n duet saam met me. Lizanne Dippenaar. Dit was, na tien jaar as leerder by die musieksentrum, Daniel se laaste keer in sy skoolloopbaan wat hy by die lentekonsert opgetree het.

Die leerders van die musieksentrum word die geleentheid gegun om in ‘n teater-opset met ‘n konsert-atmosfeer op te tree en só word hulle selfvertroue en vaardighede van jongs af ontwikkel en geslyp. Dankie aan elke musiekonderwyser vir die ure se voorbereiding en afronding.

Die program is afgesluit deur die musiekonderwysers wat “Somewhere over the rainbow” gespeel het. Dit was die laaste optrede van me. Marguerite Jacobsz in haar hoedanigheid as departementshoof van die EHS Musieksentrum.

Daniel van der Merwe en me. Lizanne Dippenaar
Jake Hoffeld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article