Hoërskool Duineveld se eerste tennisspanne het van 19 tot 22 Augustus 2026 aan die gesogte Absolute Menlo Tennistoernooi by Hoërskool Menlopark in Pretoria deelgeneem – ’n toernooi wat slegs die land se topskole lok.
Drie dae lank het ons spelers met passie, karakter en vasberadenheid elke punt aangegryp. Die dogters het hul krag teen sterk opposisie getoets en eindig 10de, terwyl die seuns met volharding en trots 9de geëindig het.
Met oorwinnings teen skole soos Stellenbosch, Waterkloof, Middelburg en Garsfontein het Duineveld se naam helder op die tennisbaan geskyn. Elke speler en afrigter het die rooi, wit en blou met waardigheid verteenwoordig.


Baie geluk – julle maak Duineveld ongelooflik trots!
Foto’s verskaf




You must be logged in to post a comment.