Twee hokkiespanne van Hoërskool De Aar het aan die Platteland Astro Toernooi op Upington deelgeneem. Die spelers het hul staal behoorlik getoon in die 16 wedstryde wat gespeel is.

Die tweedespan speel ses wedstryde waar hul uithouvermoë behoorlik getoets is. Die span speel goeie aanvallende wedstryde op die Astro-baan. Die verdedigers moes behoorlik bontstaan gedurende hul wedstryde teen Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld. Gedurende die Saterdag se drie wedstryde vind die spelers mekaar en ten spyte van hul moeë spiere, slaag hul daarin om te wen. Die span eindig derde in die toernooi.

Uitslag van wedstryde:

Wen Martin Oosthuizen 3-1
Verloor 0-1 teen Hoërskool Upington asook Duineveld 0.16A
Wen Duineveld 0.18B 1-0
Speel gelykop 1-1 teen Hoërskool Upington 0.18B
Speel gelykop 2-2 teen Hoërskool Duineveld 0.16B
Wen Kalahari 3-1
Wen Daniëlskuil 7-0
Wen Vaalharts 7-0

Die 1ste span skop hul vier wedstryde af met ʼn ligawedstryd versus Vaalharts. Die spelers sukkel gedurende die eerste helfte om op dreef te kom, maar vaar heelwat beter in die tweede helfte. Hulle val egter vas in hul wedstryde teen Hoërskool Upington en Duineveld, maar daarna is daar egter geen keer meer aan HSDA se spelers nie en wys hul, hul opponente behoorlik waar Dawid die wortels begrawe het. Die drie wedstryde wat Saterdag volg, word met alle ywer aangepak al is die spelers doodmoeg. Ook hierdie span eindig derde in die Platteland Toernooi.

Uitslag van wedstryde:

Wen Vaalharts 4-0
Verloor teen Upington 4-1
Verloor teen Duinveld 5-0
Wen Curro 5-1
Wen Hartswater 6-0
Wen Kalahari 5-1
Wen Martin Oosthuizen 2-0

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article